Vermiste seuntjie dood, verkool aangetref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Agtjarige seuntjie van die Oos-Rand wat sedert Sondag vermis was, se halfverbrande liggaam is gevind en die polisie het Dinsdag ʼn beroep gedoen op die gemeenskap om hulle by te staan om die skuldige vas te trek.

Volgens kapt. Tsekiso Mofokeng, ʼn polisiewoordvoerder, is die seun se liggaam in ʼn veld naby die Ramaphosa informele nedersetting gevind. “Daar was ʼn kous in sy mond gedruk en ʼn gebruikte kondoom is langs sy liggaam aangetref,” het Mofokeng Dinsdag gesê.

Die seun is Maandag by die Reigerpark-polisiestasie as vermis aangemeld. Hy was Sondag vir die laaste keer gesien toe hy met maatjies in die gebied gespeel het.

“Sy liggaam is Maandagmiddag deur ʼn voetganger opgespoor. Die voetganger het die polisie ontbied. Die liggaam pas die beskrywing van die vermiste kind.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en verkragting. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.