Vermiste skoolseun se lyk deur sy sussie uitgeken

Foto: www.looklocal.co.za

Die seun wie se lyk verlede week in ʼn veld in Silverton gevind is, se liggaam is deur sy suster uitgeken.

Sers. Portia Maleka het bevestig dat die seun se suster, Johanna Lebembe, die liggaam as haar boetie, Riaan, uitgeken het. Riaan was ʼn leerling by Laerskool Masakhane in Hammanskraal.

Riaan het verlede week Dinsdag op pad skool toe vermis geraak. “Die kind se ma het haar werkgewer vertel dat haar seun vermis word,” het Maleka gesê. “Die werkgewer het ʼn nuusberig gelees oor die liggaam wat in Silverton opgespoor is en het Maandag die ma gevra of sy al haar kind opgespoor het. Hy het haar toe na die polisie verwys.”

Die ma het haar dogter, Johanna, na die polisie gestuur waar sy haar boetie in die lykshuis uitgeken het.

Riaan se lyk is Vrydagoggend in ʼn veld naby die Silverton Transnet-aanleg deur ʼn verbyganger gevind. Sy keel was feitlik afgesny en hy het steeds sy skooluniform aangehad. Die polisie vermoed dat hy elders vermoor is en sy liggaam toe in Silvertondale afgelaai is.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Lees ook:
Skoolseun se lyk in veld gevind
Vermoorde skoolseun se identiteit nog onbekend

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.