‘Vermiste’ skubaduiker in tronk gevind

‘n Skubaduiker se “verdwyning” het amper ʼn grootskaalse soek- en reddingsoperasie tot gevolg gehad nadat sy vriend alarm gemaak het toe hy nie teruggekeer het huis toe nie.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Woensdagaand ʼn noodoproep ontvang van die skubaduiker se vriend nadat hy teen donker nog nie terug was nie. Die man het by St James-strand in Kaapstad geduik. Die soektog, wat ʼn helikopter ingesluit het, is egter afgelas na ʼn oproep aan die vermiste skubaduiker se ma. Die 42-jarige man se ma het aan die NSRI gesê haar seun is in hegtenis geneem nadat hy glo in ʼn bewaringsgebied geduik het sonder die nodige permitte. Die skubaduiker se vriend het glo ʼn entjie op die strand gaan stap en het bekommerd geraak toe hy terugkeer en daar geen teken van hom was nie. Die skubaduiker is na verwagting in hegtenis geneem terwyl sy vriend gaan stap het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.