EWN berig dat die skipper van die boot hulp ontbied het nadat hy sig verloor het van die groep skubaduikers in rowwe see en winderige toestande. ʼn Reuse soektog is van stapel gestuur en die skubaduikers is ure later ongedeerd gevind. Die Nasionale Seereddingsinstituut se woordvoerder Craig Lambinon sê die skubaduikers sal na die NSRI se reddingsbasis geneem word waar ʼn mediese span hulle sal ondersoek.
Lees meer hier.