Vermiste skubaduikers ongedeerd gevind

Argief. Foto: NSRI

Nege skubaduikers wat Sondagoggend vir ure vermis was aan die KwaZulu-Natalse suidkus is ongedeerd gevind.

EWN berig dat die skipper van die boot hulp ontbied het nadat hy sig verloor het van die groep skubaduikers in rowwe see en winderige toestande. ʼn Reuse soektog is van stapel gestuur en die skubaduikers is ure later ongedeerd gevind. Die Nasionale Seereddingsinstituut se woordvoerder Craig Lambinon sê die skubaduikers sal na die NSRI se reddingsbasis geneem word waar ʼn mediese span hulle sal ondersoek.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.