Vermiste student: Werkers vind liggaam in vlak graf

Twee mans is in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn vermiste student Dinsdag in ʼn vlak graf in ʼn woud in KwaZulu-Natal gevind is.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, sê munisipale werkers het op die graf naby Esikhawini afgekom en onraad vermoed. “Hulle het die graf oopgegrawe en die polisie ontbied toe hulle besef het iemand is daar begrawe,” het Zwane gesê. “Die polisie het die graf verder oopgegrawe en op die ontbinde liggaam van ʼn 22-jarige vrou afgekom. Sy is uitgeken as Londiwe Mngomezulu, ʼn student aan Esikhawini FET College wat op 16 Februarie deur haar ouers as vermis aangemeld is.”

Mngomezulu se mansvriend (24) is kort daarna in hegtenis geneem nadat gemeenskapslede hom aangekeer het. “ʼn 22-jarige verdagte is ook daarna aangekeer. Albei verdagtes staan tereg op aanklagte van moord en dwarsboming van die gereg,” het Zwane bygevoeg.

Die motief vir haar moord is nog nie bekend nie. Die verdagtes moet Donderdag in die Esikhawini-landdroshof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.