Vermiste tiener se liggaam in see gevind

Argieffoto van Kommetjie-strand

Argieffoto van Kommetjie-strand

Die liggaam van ‘n 13-jarige seun, wat by Kommetjie in Kaapstad in die see vermis geraak het, is Vrydagoggend opgespoor.

“Die seun het Donderdag vermis geraak,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê. “Die soektog is Vrydagoggend omstreeks 04:35 deur die polisieduikers en vrywilligers van NSRI Kommetjie voortgesit. ‘n Plaaslike inwoner het omstreeks 10:30 ‘n liggaam in die vlak golwe sien dryf en die soekspan in kennis gestel.”

Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek gelas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.