Vermiste tiener se lyk gevind met plastieksak oor kop

ʼn 13-jarige meisie se lyk is Maandag in ʼn veld in Bloemspruit in die Vrystaat gevind.

ʼn Polisiewoordvoerder, sers. Thabo Litabe, sê ʼn boer van die omgewing het omstreeks 11:00 Maandagoggend op die meisie se lyk afgekom. Die meisie was nog in haar skooluniform met ‘n plastiesak wat haar kop bedek het. Litabe sê die meisie is vroeg Maandagoggend as vermis aangemeld. Volgens die meisie se pa het hy haar Vrydagaand laas gesien voor hy werk toe is. Die polisie vermoed die meisie is verkrag voor sy vermoor is. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.