Vermiste Tukkies-student dood gevind

Ronald Patrick Uys

Ronald Patrick Uys

Ronald Patrick Uys, ʼn 27-jarige student aan die Universiteit van Pretoria (Tukkies), is Woensdagmiddag dood aangetref nadat hy ʼn week terug vermis geraak het.

Kapt. Kym Cloete, woordvoerder van die polisie, het Woensdagaand aan Maroela Media bevestig dat Uys se liggaam Woensdagmiddag naby ʼn rivier in Sunninghill, Johannesburg gevind is. “Geen vuilspel word tans vermoed nie. Ons het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen om die oorsaak van sy dood te bepaal.” Lynden Uys, Ronald se stiefma, het vroeër aan Maroela Media gesê dat hulle Ronald omstreeks 12:30 verlede Woensdag die laaste keer gesien het toe hy hulle op hul plaas Doornrandjie naby Hartbeespoortdam besoek het. Volgens Lynden het Ronald se huismaats in Paulshof hulle Vrydag geskakel en gesê Ronald het sedert Woensdag nie daar opgedaag nie. Hulle het gesê dis ongewoon en dat hulle bekommerd is oor hom. Die Uys-egpaar het dadelik ʼn vermistepersoon-saak by die Sandton-polisiestasie aanhanging gemaak.

Lees ook:
Tukkies-honneursgraadstudent vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JB ·

“Geen vuilspel word vermoed nie….” Ag twak man, hoe de ongeluk “land” hy in rivier naby Sunninghill?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.