Vermiste Tukkies-student se liggaam gevind

Duncan Allan, die Tukkies-student wat drie weke gelede vermis geraak het, se liggaam is in sy motor buite Pretoria gevind.

Volgens die teenmisdaadnetwerk eBlockwatch is sy motor sowat 30km buite Pretoria in die Welbekend-area gevind. ʼn Polisiewoordvoerder, Annabelle Middleton, het aan eBlockwatch bevestig dat daar ʼn stuk tuinslang aan die motor se uitlaatpyp gekoppel was en deur die passasiersvenster gedruk is. Sy het ook gesê Allan is met ʼn Bybel in sy linkerhand gekry. Die polisie vermoed geen misdaad nie. Allan het Maandagoggend 18 Julie 2011 by Lynnwood Motors in Atterburyweg in Pretoria sy motor gaan afhaal en was sedertdien vermis. Hy was is ‘n huiskomiteelid by die Olienhout-koshuis in Lynnwoodweg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.