Vermiste visserman het vermoedelik verdrink

Foto: NSRI

ʼn Kaapse visserman wat vermis word nadat hy Vrydag van ʼn kreefboot naby Kaappunt Natuurreservaat oorboord geval het, het vermoedelik verdrink.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê ondanks ʼn uitgebreide soektog is daar steeds geen teken van Lucas van Wyk (33) nie. “Strand-, lug- en seesoektogte het nog geen teken van die vermiste visserman opgelewer nie.” Steenberg het glo oorboord geval terwyl hy besig was om seewier uit die visvangnette te haal nadat ʼn groot golf die boot glo amper omgeslaan het. Steenberg se reddingsbaadjie is vroeër tydens die soektog gevind. Die soektog na Steenberg is Saterdagoggend hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.