Vermiste visserman se liggaam gevind

Foto: Ernesta Swanepoel/NSRI

Foto: Ernesta Swanepoel/NSRI

‘n Visserman wat Sondag in die see by Bantrybaai in Kaapstad vermis geraak het se liggaam is gevind.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die 29-jarige man se liggaam is Sondagmiddag deur die polisie se duikeenheid gevind. Die man het vermis geraak kort nadat hy vroeër die Sondag die see binnegegaan het. Lambinon sê die man se liggaam is in die area gevind waar hy die laaste keer lewend deur ooggetuies gesien is. Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.