Vermiste visserman se lyk gevind

Foto: NSRI

Foto: NSRI

Die lyk van ʼn visserman is Dinsdag in die see tussen Kleinmond en Hawston in die Wes-Kaap gevind.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die oorledene het Maandag saam met vyf ander mans visgevang toe hul boot omgeslaan het. “Ons kon vier van die mans red. Hulle het aan ons gesê dat een van die mans weggedryf het terwyl die ander strand toe probeer swem het.” Lambinon sê die ander man word steeds vermis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.