Vermiste vissermanne steeds soek

Foto: NSRI

Twee vissermanne wat sedert Woensdagmiddag vermis word nadat hulle klein vissersbootjie krag verloor en die see begin indryf het in die omgewing van Paternoster aan die Weskus, is steeds soek.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê ʼn uitgebreide see- en lugsoektog het nog teken van die vermiste vissermanne opgelewer nie. Lambinon se reddingswerkers was vroeër telefonies in kontak met die vissermanne gewees maar het teen 9:00 Donderdagoggend kontak verloor. Hy sê reddingswerkers het die vissermanne aangeraai om hulle reddingsbaadjies aan te hou en die boot te probeer anker. Lambinon sê die soektog het deur die nag voortgegaan te midde van digte mis en onstuimige seetoestande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.