Vermiste vliegtuig gevind, geen oorlewendes

map-mozambiqueDie polisie in Namibië het die wrak van die vliegtuig wat Vrydag onderweg van Mosambiek na Angola vermis geraak het opgespoor. Niemand het die ongeluk oorleef nie.

“My span op die grond het die wrak gevind. Geen oorlewendes. Die vliegtuig het uitgebrand,” het Willie Bampton, ʼn woordvoerder van die polisie in Kavango, gesê. ‘n Polisiehelikopter is vroeër ingespan in die soektog na die vermiste vliegtuig. Die vliegtuig met 27 passasiers en ses bemanningslede het Vrydagoggend 11:30 Suid-Afrikaanse tyd in Maputo, Mosambiek opgestyg en moes 15:10 in Luanda, Angola aankom. Die lugredery Mozambique Airlines het vroeër gesê die passasiers sluit 10 Mosambiekers, nege Angolese, vyf Portugese en ʼn burger van Frankryk, Brasilië en China in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.