Vermiste vliegtuig: Liggame uitgeken

Bryan en Robert Simms. Foto: Facebook

Die liggame van Bryan Simms en sy seun Robert is positief geïdentifiseer nadat hulle vliegtuig se wrak in Mosambiek gevind is.

“ʼn Ondersoek sal gedoen word rakende die omstandighede van die ongeluk en besonderhede hieroor sal deur die owerhede bekend gemaak word,” het die Simms-familie in ʼn verklaring gesê. Die pa en seun se oorskot sal terug na Suid-Afrika gebring word vir ʼn nadoodse ondersoek waarna hulle veras sal word. Bryan en Robert het op 28 Oktober vermis geraak. Hulle het van Uganda na die Lanseria-lughawe gevlieg toe hulle oor Mosambiek vermis geraak het nadat hulle glo enjinprobleme ondervind het. Hulle vliegtuig se wrak is Maandag sowat 127km noord van Chomoio gevind. “Dit blyk dat die vliegtuig teen die grond vasgevlieg het en is heeltemal verwoes in die ongeluk.” ʼn Roudiens sal Vrydag gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.