Vermiste voetslaner op Tafelberg gered

ʼn Voetslaner wat verdwaal het nadat hy op Tafelberg gaan stap het, is Maandagoggend gered.

Angelique Jordaan, ʼn woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, sê nooddienste is omstreeks 01:00 in kennis gestel van die vermiste voetslaner. “Iemand het ook opgemerk dat daar ʼn flitsende lig naby Kasteelpoort geskyn word. Die man is deur sy selfoon opgespoor,” het Jordaan gesê.

Hy is met ʼn helikopter gered en het ongedeerd daarvan afgekom.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.