Vermiste vriendinne gevind

Casey-Jean Moorcroft (links) en Simone Lubbe (regs).

Twee 15-jarige vriendinne van Bronkhorstspruit, Casey-Jean Moorcroft en Simone Lubbe, wat sedert Maandag vermis was, is gevind.

Die twee meisies is omstreeks 7:10 Maandagoggend die laaste keer in hul skooluniforms gesien by Hoërskool Erasmus in Bronkhorstspruit. Missing Children het Woensdagaand bevestig dat Moorcroft en Lubbe gevind is en dat hulle ongedeerd is. Geen verdere besonderhede is in die stadium bekend gemaak nie. Daar is aanvanklik vermoed dat hulle na Alberton of Germiston geryloop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.