‘n Lykskouer het Vrydag gesê ‘n vrou, wat uit haar hospitaalkamer in San Francisco, Amerika, verdwyn het en toe 17 dae later in ‘n geslote trapskag opgespoor is, het moontlik aan ‘n chemiese wanbalans gesterf.
“Lynne Spalding (57) was reeds dae lank dood voordat sy op 8 Oktober opgespoor is,” het Ellen Moffat, lykskouer van San Francisco, gesê. Die chemiese wanbalans is moontlik deur haar chroniese alkoholisme veroorsaak.
Spalding was glo op 21 September, die dag toe sy verdwyn het, deurmekaar en sy het geyl. Volgens Moffat het Spalding nie geweet watter dag dit is of hoe laat dit is nie en selfs hoekom sy in die hospitaal is nie.
Talle werknemers van die sheriff se departement, wat hospitaalsekuriteit verskaf, is afgedank nadat die sheriff erken het dat ‘n omvattende soektog vir Spalding nooit uitgevoer is nie.