Die liggaam van ʼn vrou is in ʼn vlak graf in ʼn erf in Braamfischerville in Soweto gevind.
Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê Lindiwe Ngwenya was sedert Augustus vermis. Die vrou se kêrel is intussen in verband met haar dood in hegtenis geneem. Dlamini sê die kêrel is vroeër deur die polisie ondervra sonder sukses waarna hy op 10 April ʼn SMS aan die polisie gestuur het waarin hy beweer het dat hy haar aangerand het en dat sy aan haar beserings dood is. Dlamini sê die man het hierna probeer selfmoord pleeg deur gif te drink in ʼn toilet by ʼn polisiestasie. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Hy sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn.