Vermiste Welkom-tiener opgespoor

Geraldine van der Merwe

Geraldine van der Merwe (18), ʼn tienermeisie van Welkom in die Vrystaat wat sedert Maandagoggend vermis was, is gevind.

“Geraldine is ongedeerd en veilig. Sy het met ʼn verkeersbeampte in verbinding getree en is vanoggend [Dinsdag] in die vroeë oggendure in Kroonstad gevind,” het ʼn vriend van die familie aan Maroela Media bevestig.

Maroela Media het Maandag berig Van der Merwe is Maandagoggend vir die laaste keer gesien toe sy in haar wit Opel Corsa skool toe gery het, maar nooit daar opgedaag het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

amy ·

Wat ‘n verligting dat sy veilig is. Glo sy het nie van die huis af weggeloop nie?

akram ·

glo ook nie sy het weggeloop nie. sy het met die wit corsa weggery…

Eurika ·

Jul se nooit agterna wa was die mense wat vermis was en weer gevind of opgespoor is nie…???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.