Vermiste wildbewaarders: Beide oorlede

Die tweede wildbewaarder wat Vrydag by Ezemvelo KZN Wildlife vermis geraak het, se liggaam is ook gevind.

Die liggaam is Dinsdag by die Nhlabane-meer in die Enseleni-natuurreservaat buite Richardsbaai gevind. Die liggaam van een van die vermiste wildbewaarders is Maandag opgespoor. Musa Mntambo, woordvoerder van Ezemvelo, sê dit blyk of die bewaarders verdrink het.

Mbazwani Mhlongo (57) en Phumlani Mthembu (34) is sedert Vrydag vermis nadat hulle visnette en ʼn kano tydens patrollie by die reservaat opgespoor het. Mhlongo en Mthembu wou met die kano na die basiskamp terugvaar, aangesien dit te swaar sou wees om te dra. Twee van hul kollegas het teruggestap en agterdogtig geraak toe die wildbewaarders nie by die kamp opgedaag het nie.

Mntambo het gesê die liggaam van die tweede persoon is naby die plek gekry waar die eerste liggaam gevind is. Die kano waarin hulle gevaar het, is ook opgespoor. ʼn Nadoodse ondersoek is aangevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.