‘Vermoor 30 swartes vir elke moord op ‘n witmens’

Tydens ‘n “nood volksvergadering” van die Geloftevolk Republikeine is daar glo wraakaanvalle op swart mense voorgestel.

Mail & Guardian berig dat die leier van die Geloftevolk Republikeine, Andre Visagie, gesê het: “Mense was baie radikaal, in die sin dat hulle wil oorgaan tot aksie. Hulle wil voorberei vir oorlog. Hulle wil ‘n ultimatum stel: vir elkeen van ons mense wat deur ‘n swart persoon vermoor is, moet 30 swart mense doodgemaak word, want ons is 30 keer minder as wat hulle is.” Visagie sê dit was die algemene gevoel van die sowat 100 mense wat in Bloemfontein bymekaar gekom het vir die vergadering wat hy gereël het om die kwessies van plaasmoorde en die moord op witmense in stedelike gebiede te bespreek. Visagie sê selfs hy is bekommerd oor wat hy gehoor het. “Sommige mense het van baie ver gekom, van regoor die land. Dit beteken dat ons ʼn meer radikale element hier gehad het.” Hy sê of die groep mense verteenwoordigend is van die breër gevoel of nie, verteenwoordig dit ‘n onomwonde bedreiging van ras-gebaseerde moord, en Visagie sê hy weet nie hoe om dit te hanteer nie. “Ek sit met my hande in my hare. As daar nou ʼn vlaag moorde is op witmense deur swartmense, dan waarborg ek jou daar is geen manier wat ons die geweld wat sal volg kan stop nie. Ons kort ʼn ander manier om uiting te gee, ‘n manier om mense op hul gemak te stel, sodat hulle meer verdraagsaam sal wees.” Visagie sê een van die moontlikhede is optogte om te wys hoe gefrustreerd sommige Afrikaanssprekende witmense is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.