Vermoorde egpaar sou oorsee gaan

Die bejaarde egpaar wie se liggame Maandag in hul huis in Farrarmere, Benoni, gekry is, sou eersdaags na Australië vertrek het.

Beeld berig dat Trevor Rees en sy vrou, Laura, die naweek na Australië sou vertrek om hul seun en kleinkinders te besoek. Die bejaarde egpaar, albei in hul 80’s, is glo oor die naweek vermoor. Volgens kapt. Alfred Nakana, woordvoerder van die Benoni-polisiegroep, het hulle die man se lyk in die buitekamer, waar hy houtwerk gedoen het, gekry. Die vrou se lyk is op haar bed in die slaapkamer gekry. Sy het ’n paar jaar gelede ’n beroerte gekry en gesukkel om te loop. Haar loopraam het langs die bed gestaan. Hy is glo met ʼn hamer geslaan voor hy met ʼn skerp voorwerp gesteek is. Sy vrou is glo keelaf gesny en het vermoedelik doodgebloei. Hul seun is glo op pad na Suid-Afrika vir die begrafnis. Die egpaar se motor en selfone word vermis.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.