Vermoorde JHB-skoolmeisies vandag begrawe

Een van die skoolmeisies se liggame toe dit verlede week van die toneel verwyder is. Foto: Masego Rahlaga / EWN

Een van die skoolmeisies se liggame toe dit verlede week van die toneel verwyder is. Foto: Masego Rahlaga / EWN

Die twee skoolmeisies van Johannesburg wat verlede week tydens ʼn vermeende sataniese ritueel vermoor is, word Dinsdag ter ruste gelê.

Maroela Media het vroeër berig Thandeka Moganetsi en Chwayita Rathazayo, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, se liggame is Woensdag in ʼn veld in Dobsonville in Soweto aangetref. Moganetsi en Rathazayo, leerlinge aan die George Khosa Sekondêre Skool, het nog hul skoolklere aangehad. Hulle het snywonde aan hul hande en nekke gehad en daar was skeermeslemmetjies en drie swart gebrande kerse langs hul liggame.

Twee 16-jarige seuns, van dieselfde skool, is Donderdag in hegtenis geneem en word in ʼn plek van veilige bewaring aangehou. Hulle het reeds in die Protea-landdroshof verskyn en moet vir sielkundige evaluasie gestuur word. Die twee verdagtes verskyn na verwagting Woensdag weer in dieselfde hof. Die saak word in camera gehou omdat die verdagtes minderjarig is.

Lees ook:
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns weer in hof
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns se saak uitgestel
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns vandag in hof
Twee seuns vas vir skoolmeisies se dood
Skoolmeisies glo tydens sataniese ritueel vermoor
Twee skoolmeisies dood gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.