Vermoorde man kaal langs PTA-hoofweg gekry

Die naakte liggaam van ʼn vermoorde man is Donderdagaand in die veld langs die N1-snelfweg in Pretoria gekry.

Adjudant-offisier Annabelle Middleton, ʼn polisiewoordvoerder, sê ʼn voetganger het omstreeks 19:30 op die liggaam naby die Garsfontein-afrit in Waterkloofrif, afgekom.

“Die man was naak en sy hande was vasgebind. Hy is tussen 45 en 50 jaar oud. Die moontlikheid bestaan dat die man elders vermoor en sy liggaam daar gestort is,” het Middleton gesê.

Die Brooklyn-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die man se identiteit is onbekend.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.