Vermoorde oudioloog ter ruste gelê

Igna Nortjé

Die Middelburgse oudioloog, Igna Nortjé (33), wat verlede week ontvoer en vermoor is, sal vandag ter ruste gelê word.

Nortjé is Woensdag naby Verene, buite Middelburg, vermoor. Sy is sy vroeër die dag in Middelburg ontvoer. Nortjé se liggaam is later die dag ʼn paar meter van haar verlate voertuig gevind. Sy het verskeie steekwonde, onder meer aan haar keel, gehad. Rowers het drie keer deur die dag geld uit haar bankrekening onttrek. Haar man Riaan het op Facebook geskryf: “Die Herinnerings erediens ter nagedagtenis aan Igna Nortje sal plaasvind op Dinsdag 5 Junie 2012 om 11uur. Die diens sal plaasvind vanuit die NG Kerk Dennesig gemeente sentrum op die hoek van Njala en CR Swart straat.” Nortjé laat ook haar 8-jarige dogter, Mia, agter.

‘n Polisiewoordvoerder, lt. Kol. Leonard Hlathi, het gister aan Maroela Media gesê niemand is nog in verband met Nortjé se moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.