Vermoorde polisiebeampte se naam bekend gemaak

Maj.genl. Tirhani Maswanganyi

Die Gauteng-polisie het Dinsdagmiddag die naam, rang en foto bekend gemaak van die senior beampte wie se liggaam in die vroeë oggendure in ʼn veld naby Hammanskraal, noord van Pretoria, gevind is.

“Maj.genl. Tirhani Simon Maswanganyi se liggaam is vandag [Dinsdag] om 03:00 in ʼn veld langs die R101-pad gevind,” het lt.genl. Mzwandile Petros, Gauteng se polisiekommissaris, gesê. “Sy hande en voete was vasgebind. Die polisie wag vir die uitslag van ʼn nadoodse ondersoek om die oorsaak van sy dood te bepaal. Daar was geen koeëlwonde aan sy liggaam nie,” het Petros gesê.

Maswanganyi was ʼn groepsbevelvoerder in Johannesburg. Hy het meer as 31 jaar diens in die polisie gehad.

Lees ook:
Senior polisieman dood aangetref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie Botha ·

Dossier afgeluit,onopgespoor!,,,,,,,,,,wie vandag in die polisie kan hierdie saak ondersoek,dat daar n skuldigbevinding kom vir moord met voorbedagde rade!,,,,,,,wys my verkeerd!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.