Vermoorde sakeman ‘het oorgegee’

misdaadtoneel

Argieffoto

Johannesburg – ‘n 28-jarige man het sy arms in die lug gehou en oorgegee toe hy doodgeskiet is tydens ‘n rooftog by ‘n hardewarewinkel in Pretoria, het ‘n getuie in die Hooggeregshof in Pretoria Woensdag gesê.

Riana Barnard, wat ‘n ooggetuie was van die moord op die sakeman Hein de Jager by die Dreiers-hardewarewinkel in 2008, het getuienis gelewer in die verhoor van vyf mans wat van moord en roof aangekla word.

Enoch Masipa, Benginkosi Modawe, Johannes Sebyeng, Lolo Langa en Godfrey Jones het onskuldig gepleit op aanklagte daarvan dat hulle onder meer De Jager vermoor en die winkel van kontant beroof het.

Badenhorst het in die hof gesê sy was by Dreiers en het met ‘n werknemer gesels toe twee mans ingekom en “baie naby aan De Jager”, wat by sy lessenaar gesit het, gaan staan het.

Sy het gehoor hoe hulle praat, maar kon nie hoor wat hulle sê nie.

“Hein het verras gelyk. Hy het ‘n bietjie agteruit beweeg en sy arms in die lug gehou. Toe sy arms halfpad op was, het die man naaste aan hom hom blykbaar gestamp en ek het ‘n skoot gehoor,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.