Die twee tienerseuns wat verdink word van die moord op twee skoolmeisies van Johannesburg in ʼn vermeende sataniese ritueel het Vrydag in die Protea-landroshof verskyn.
Die saak is tot 24 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek. Hofverrigtinge gaan in camera gehou word, aangesien die verdagtes, wat albei 16 jaar oud is, minderjarig is.
Hulle is in hegtenis geneem in verband met die moord op Thandeka Moganetsi en Chwayita Rathazayo, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud. Hul liggame is Woensdag in ʼn veld in Dobsonville in Soweto aangetref. Moganetsi en Rathazayo, leerlinge aan die George Khosa Sekondêre Skool, het nog hul skoolklere aangehad. Hulle het snywonde aan hul hande en nekke gehad en daar was skeermeslemmetjies en drie swart gebrande kerse langs hul liggame.
Die verdagtes is van dieselfde skool en bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning. – SAPA
Lees ook:
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns vandag in hof
Twee seuns vas vir skoolmeisies se dood
Skoolmeisies glo tydens sataniese ritueel vermoor
Twee skoolmeisies dood gevind