Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns vandag in hof

Argieffoto

Argieffoto

Twee tienerseuns verskyn vandag in die Protea-landroshof nadat twee skoolmeisies van Johannesburg in ʼn vermeende sataniese ritueel vermoor is.

Brig. Neville Malila, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media bevestig dat die twee 16-jarige seuns by ʼn skool in hegtenis geneem is. Die meisies, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, se liggame is Woensdag in ʼn veld in Dobsonville in Soweto aangetref. Die leerlinge van die George Khosa Sekondêre Skool het nog hul skoolklere aangehad. Hulle het snywonde aan hul hande en nekke gehad en daar was skeermeslemmetjies en drie swart gebrande kerse langs hul liggame.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die meisies tydens ʼn sataniese ritueel vermoor is en die polisie se okkulte-eenheid is betrokke by die ondersoek. Die saak word nog ondersoek en die polisie kan nog nie bevestig of hulle wel tydens ʼn sataniese ritueel gesterf het nie.

Lees ook:
Twee seuns vas vir skoolmeisies se dood
Skoolmeisies glo tydens sataniese ritueel vermoor
Twee skoolmeisies dood gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.