Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns weer in hof

Argieffoto

Argieffoto

Twee tienerseuns verskyn Woensdag weer in die Protea-landroshof nadat twee skoolmeisies van Johannesburg verlede week in ʼn vermeende sataniese ritueel vermoor is.

Hofverrigtinge gaan in camera gehou word, aangesien die 16-jarige verdagtes minderjarig is. Hulle het Maandag ook in die hof verskyn waar die saak tot vandag uitgestel is vir verdere ondersoek en om hulle vir sielkundige waarneming te stuur.

Hulle is verlede Donderdag in hegtenis geneem in verband met die moord op Thandeka Moganetsi en Chwayita Rathazayo, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud. Hul liggame is Woensdag in ʼn veld in Dobsonville in Soweto aangetref. Moganetsi en Rathazayo, leerlinge aan die George Khosa Sekondêre Skool, het nog hul skoolklere aangehad. Hulle het snywonde aan hul hande en nekke gehad en daar was skeermeslemmetjies en drie swart gebrande kerse langs hul liggame.

Lees ook:
Vermoorde JHB-skoolmeisies vandag begrawe
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns weer in hof
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns se saak uitgestel
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns vandag in hof
Twee seuns vas vir skoolmeisies se dood
Skoolmeisies glo tydens sataniese ritueel vermoor
Twee skoolmeisies dood gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.