Vermoorde skoolseun se identiteit nog onbekend

Die identiteit van die vermoorde 12-jarige skoolkind, wie se liggaam Vrydag in Silverton in die ooste van Pretoria gevind is, is nog nie bekend nie.

Maroela Media het vroeër berig die seun se liggaam is Vrydagoggend in ʼn veld naby die Silverton Transnet-aanleg gevind. Die seun was steeds in sy skooluniform geklee en sy keel was afgesny.

Sersant Portia Maleka, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die motief vir die moord is ook nog onbekend. Sy sê niemand is by die Silverton-polisie as vermis aangemeld nie. Dit is ook nie seker van watter skool die kind is nie. “Die saak word nog ondersoek, en ons is in verbinding met ander polisiestasies om uit te vind of enige kinders as vermis aangemeld is,” het sy gesê.

Enigiemand met inligting word gevra om Maleka by 082 499 4148 of die Silverton-polisie by 012 845 4000 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.