Vermoorde vrou se hart en longe verwyder

SAPS+police+crime+tape+xgold+2012ʼn Nadoodse ondersoek van ʼn vrou, wie se verminkte liggaam Sondag naby die Swartruggens-winkelkompleks gevind is, het bewys dat die vrou se longe en hart verwyder is.

Kapt. Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het Dinsdag gesê die ondersoek kon egter nie bepaal of die vrou verkrag is nie.

Die vrou se liggaam is Sondag deur ʼn voetganger in ʼn veld gevind. Haar maag was oopgesny.

“Haar gesig is met ʼn klip vergruis, haar borste is afgesny en haar privaatdele is effens met ʼn skerp voorwerp gesny,” het Makau gesê.

Die slagoffer is nog nie uitgeken nie en die polisie doen ʼn beroep op enigiemand in die omgewing wat inligting oor ʼn vermiste persoon het, om die Swartruggens-polisiestasie te skakel. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

jj els ·

Phillip, verklaar asb in jou artikel hoe dit moontlik is dat die vrou se “harte” verwyder is.

hc ·

Di land nou behoorlik sy gat gesien se net vanoggend vir my man ek al so bang om vrou aleen winkel toe te gaan met my seuntji van 16 maande. Dat hy maar in di aand gou brood ens te kry

Sune van Heerden ·

Dagsê JJ

Ons vra om verskoning vir die oorsig, ons teksversorger moes dit raakgesien het.
Ons bring die wysiging aan.

Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

Jasper ·

Om te dink die verworwe gemors wat dit gedoen het, het ook stemreg.

Dalene van PRETORIA ·

Ai tog, jjels,.Maak dit vir dis jy wat die e aan die hart gelas het.Lyk my jy kan nie behoorlik lees nie.Los tog maar dir “taalfoute uit!

Dalene van PRETORIA ·

Ai tog, jjels, dis jy wat die e by hart aangelas het.Dit is tog nie nodig om “taalfoute”reg te maak nie, of is dit jy wat nie mooi verstaan wat en hoe jy lees nie.?Tikfoute gebeur tog as mens vinnig wil tik.

mickey ·

watse mentaliteit het ons mense begin kry in die land sy inwoners is in afskuwelike wreede stryd vasgevang en daar word geworry oor spelling

maggie schneider ·

Ek stem saam Mickey die land verval en mense kerm oor spelfoute

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.