Veroordeelde kindermolesteerder is ‘siek’, hoor hof

ʼn Veroordeelde kindermolesteerder wat sy vriend se dogter seksueel misbruik het moet as ʼn pedofiel verklaar word, het die Nelspruit-streekshof Woensdag gehoor.

Kol. Petunia Lenono, ʼn sielkundige misdaaddeskundige, het bevind dat Carl Lotter sielkundig onbevoeg is om naby kinders te wees. “Hy hou ʼn bedreiging in vir kinders en moet ʼn gevangenisprogram ondergaan. Hy ontlok seksuele drange van kinders en na my onderhoud met hom, die slagoffers en hul families het ek bevind dat hulle getraumatiseerd is en dat hul skoolwerk daaronder ly.” Lotter het vroeër skuldig gepleit op aanklagte van kindermolestering en is op borg van R8 000 vrygelaat ondanks die feit dat hy in 1998 skuldig bevind is aan die onsedelike aanranding van ʼn negejarige meisie. Hy het ʼn opgeskorte vonnis ontvang vir die oortreding. Lotter is egter weer in 2009 in hegtenis geneem nadat hy twee meisies, onderskeidelik sewe en nege, tussen 2006 en 2009 gemolesteer het. Lenono sê Lotter het aan die meisies se private dele gevat en hulle gedwing om aan sy private dele te vat. Coert Jordaan, Lotter se regsverteenwoordiger, het gevra dat sy kliënt ʼn opgeskorte vonnis of ʼn boete ontvang aangesien sy slagoffers geen beserings gehad het nie. Hy sê sy kliënt het berou getoon deur skuldig te pleit. Die saak is tot 6 en 8 Augustus uitgestel vir vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karen Loubser ·

Wat van die emosionele beserings wat daardie kinders opdoen. Latere skade in verhoudings. Statistieke bewys dat enige molestering nooit sonder “beserings” is nie!!

Judy ·

Geen besering opgedoen?weet julle wat,ek is deur so n molisteer ding…die besering wt opgedoen word bly permanent by jou…jou hele lewe sal nooit weer die selfde wees nie…jou siening omtrent ‘sex’ verander so erg dat dit jou huwelik later onderdruk plaas…want dis niks lekker nie,omdat jy deur sex seergemaak was!maar ek dank my God dat Hy elke dag saam my die moeilike pad stap.en ek bid vir daai kinders vir genesing….

HELENA SEABORNE ·

sluit die gemors toe dat hy gemolisteer word in die tronk. laat hy bietjie kyk of hy dit like. weet hy wat word met kindermolisteerders gedun in die tronk? dis een ding wat daai manne ni oorsien ni.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.