“Verpleegster” steel glo baba

ʼn Vrou wat glo voorgegee het dat sy ʼn studente verpleegster is, het na bewering Dinsdagaand ʼn baba by ʼn hospitaal in die Oos-Kaap gesteel, het die provinsiale departement van gesondheid Woensdag gesê.

Woordvoerder Sizwe Kupelo sê die vrou het die moeder van die baba Dinsdagaand wakker gemaak en haar aangesê om te bad. “Toe die moeder teruggekeer het, het die “verpleegster” en die baba spoorloos verdwyn.” Kupelo sê die moeder is vir geringe komplikasies in die Dora Nzinga-hospitaal opgeneem nadat sy geboorte geskenk het. Hy sê die departement sal ondersoek instel of die “verpleegster” na ander pasiënte omgesien het. Die saak is by die polisie aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.