Verpleegsters geskors na kankerpasiënt glo verkrag is

Twee verpleegsters van die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein is geskors nadat ʼn terminaal siek kankerpasiënt na bewering verkrag is.

Die LUR vir gesondheid in die Vrystaat, Fezi Ngubentomi, sê die twee personeellede is aangesê om nie weer aan te meld vir diens tot die ondersoek afgehandel is nie. Ngubentomi het haar skok uitgespreek oor die beweerde voorval en sê die veiligheid van pasiente is ononderhandelbaar. ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Harry Nagel, sê die 50-jarige vrou se man het aan die polisie gesê die voorval het op 15 Oktober plaasgevind. ʼn Vroulike verpleegster het die vrou glo vasgehou terwyl ‘n manlike verpleegster haar verkrag het. Nagel sê daar is twee verdagtes maar niemand is nog in hegtenis geneem nie. Hy sê die polisie wag op ʼn besluit van die direkteur van openbare vervolging. Die vrou is intussen na ʼn private hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas terwyl ʼn saak van verkragting ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.