Verpleër gevang wat glo swanger pasiënt verkrag

Argieffoto

‘n Verpleër is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n swanger pasiënt by ‘n Oos-Kaapse hospitaal verkrag het.

Die 25-jarige vrou is verlede week by die Taylor Bequest-hospitaal in Mount Fletcher weens komplikasies met haar swangerskap opgeneem. “Die pasiënt het glo oor hardlywigheid gekla en het die verpleër om hulp gevra,” het Sizwe Kupelo, woordvoerder vir die provinsiale gesondheidsdepartement, gesê. “Die verpleër het haar Vrydag gehelp en toe sy dieselfde probleem Saterdag ondervind het, het hy die pasiënt beveel om badkamer toe te gaan. Die man het haar glo in dié badkamer verkrag.”

Volgens Kupelo sal die 45-jarige verpleër Maandag in die hof in Matatiele verskyn. Die Oos-Kaapse departement van gesondheid beplan om die man te skors. “Ons sal nie toelaat dat hy met enige ander pasiënte konsulteer voordat die ondersoek verby is nie,” het Kupelo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.