Verpleër van verkragting vrygespreek

Michael Moema. Foto: Mariné Jacobs/OFM

ʼn Verpleër wat daarvan verdink is dat hy in Oktober 2011 ʼn sterwende parapleeg met kanker in ʼn staatshospitaal in Bloemfontein verkrag het, is Woensdag op die aanklagte teen hom vrygespreek.

Michael Moema (33) is aangekla dat hy Magda Lombard (51) saam met ‘n medepligtige seksueel aangerand het. Lombard is ʼn maand ná die beweerde voorval in die Bloemfontein MediClinic dood.

Regter Faan Hancke het gesê daar is ʼn moontlikheid dat die kankerpasiënt nie verkrag is nie. Daar was trane van vreugde uit die publieke galery, waar Moema se kollegas gesit het, nadat die regter die uitspraak gelewer het. ʼn Emosionele Moema het buite die hof gesê hy is baie verlig. Hy het gesê die beweringe dat hy ʼn pasiënt verkrag het “was ʼn groot leuen en mens kan nie ʼn leuen met die waarheid verdoesel nie”.

Maroela Media het vroeër berig Johannes Raats, ‘n kliniese assistent in onkologie, het tydens die verhoor getuig dat Lombard met tye nie korrek op die werklikheid gereageer het nie. “Sy het soms absurde goed kwytgeraak, maar haar verstandelike toestand was geensins vreemd vir iemand met so ‘n ernstige mediese toestand nie. Die medikasie wat sy vir haar toestand ontvang het moet ook in ag geneem word,” het hy gesê.

Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.