Verpleër vas vir verkragting

ʼn Verpleër van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn pasiënt verkrag het.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die 30-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn tienermeisie verkrag het nadat hy haar ondersoek het. Die meisie het ʼn onderwyser by haar skool van die beweerde verkragting vertel. Die verpleër is in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Nquthu-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Flash ·

Dit is dalk nie ‘n verpleegster nie maar die manlik daarvan wat altyd ‘verpleër’ was. Maar ek is nou nie eintlik taalkundig aangelê nie… alles is mos getransformeer, so verpleegsters ook?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.