Verpleërs afgedank na sypaadjie-geboorte

Vier verpleegsters is afgedank nadat ʼn vrou gedwing is om op ʼn sypaadjie geboorte te gee.

Chris Maxon, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, sê die verpleegsters het appèl aangeteken teen hulle skorsing. Die verpleegsters het Nomsa Mathebula glo op 16 November verlede jaar by ʼn kliniek in Soshanguve weggewys waarna sy geboorte geskenk het aan haar babaseuntjie op die sypaadjie voor die kliniek. Maxon sê dit is onduidelik waarom die verpleegsters die vrou weggewys het. Hy sê die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging het ook dissiplinêr teen die verpleegsters opgetree en mag hulle nie meer as verpleërs in die land praktiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

william ·

Die meeste hospitale in Suid Afrika is in n chaotiese toestand en die houding van verpleegsters is pateties. Ek was vir 3 dae in n staats hospitaal en dit was n nagmerrie. Ek moes my eie kussing saamvat want alles van kussings tot lakens ,seep, en toilet papier word gesteel. Die higiene laat veel te wense oor. Die verpleegsters dink hulle doen jou n groot guns om jou te help.
My niggie het n groot maag operasie ondergaan. Gedurende die nag het die wond begin te bloei. Die bloed het op die grond gedrup maar al haar pleidooie om hulp het op dowe ore geval. EEn verpleegster het lateraan daar opgedaag en haar n white bitch genoem wat aandag soek. Die saak is aangemeld maar niks het gebeur nie. Dit is nag vir Suid Afrika. Swart mense het geen trots nie en is baie ongeeerg. Kyk hoe lyk die land na net 20 jaar.

Vanessa Curlewis ·

Sulke insidente soos jou niggie s’n moet by die Raad op Verpleging aangemeld word. Dis skandelik om te sien hoe ons land (oor n dekade en n half) gegaan het van n land waar verpleging n eerbare beroep was en verpleegkundiges van Suid Afrika internasionaal hoog geag is, na sulke swak verpleegsorg. Swak verpleegsorg is n menseregte skending en verpleegkundiges wie skuldig is daaraan, behoort tereg te staan op onder andere menseregte skending! Ek as n verpleegkundige skaam my vir die verpleegberoep in Suid Afrika!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.