Verpleërs afgedank na sypaadjie-geboorte

Vier verpleegsters is afgedank nadat ʼn vrou gedwing is om op ʼn sypaadjie geboorte te gee.

Chris Maxon, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, sê die verpleegsters het appèl aangeteken teen hulle skorsing. Die verpleegsters het Nomsa Mathebula glo op 16 November verlede jaar by ʼn kliniek in Soshanguve weggewys waarna sy geboorte geskenk het aan haar babaseuntjie op die sypaadjie voor die kliniek. Maxon sê dit is onduidelik waarom die verpleegsters die vrou weggewys het. Hy sê die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging het ook dissiplinêr teen die verpleegsters opgetree en mag hulle nie meer as verpleërs in die land praktiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
william

Die meeste hospitale in Suid Afrika is in n chaotiese toestand en die houding van verpleegsters is pateties. Ek was vir 3 dae in n staats hospitaal en dit was n nagmerrie. Ek moes my eie kussing saamvat want alles van kussings tot lakens ,seep, en toilet papier word gesteel. Die higiene laat veel te wense oor. Die verpleegsters dink hulle doen jou n groot guns om jou te help. My niggie het n groot maag operasie ondergaan. Gedurende die nag het die wond begin te bloei. Die bloed het op die grond gedrup maar al haar pleidooie om hulp… Lees meer »