‘Verregse’ Mangaung-saak uitgestel

Die vier verdagtes (v.l.n.r.) Mark Trollip, Martin Keevy, Johan Prinsloo en Hein Boonzaaier op 8 Januarie in die Bloemfonteinse landdroshof Foto: Sabrina Dean/SAPA

Vier mans, wat daarvan beskuldig word dat hulle saamgesweer het om ANC-leiers te vermoor, het Vrydag vlugtig in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Hein Boonzaaier (50) van Centurion, Johan Prinsloo (49) van Mookhophong [Naboomspruit] en Mark Trollip (49) van Douglas, se saak is tot 23 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel. Die hof het twee verslae van sielkundiges ontvang oor Martin Keevy (47) van Bloemfontein. Landdros Andries Schoeman voer aan dat Keevy vir ‘n 30-dae ondersoek by die Vrystaatse Psigiatriese hospitaal opgeneem moet word. Sy saak is tot 24 Junie uitgestel. Die mans is op 16 Desember 2012 in hegtenis geneem nadat hulle glo beplan het om ANC-leiers by die party se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung te vermoor deur ‘n bom te laat ontplof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Wat ‘n jammerte dat mense binne die komplekse rasse-situasie waarin Suid-Afrika tans verkeer, steeds probeer om op militante wyse ‘n verandering te probeer bring – dis eenvoudig fataal en sal nêrens deur die ganse wêreld goeggepraat kan word nie. Mens besef terdeë dat hierdie soort wederstewigheid deel is van die Afrikaner se wese op grond op sy eeue-lange stryd om oorlewing in ‘n vyandige wêreld waarin hy homself hom altyd wou vestig en handhaaf – sy ras, sy taal en sy kultuur. Maar in die moderne tyd waarin ons leef en waarin die sienswyse baie verander het teenoor wat dit 50-100 jaar gelede was, moet ander weë tot oorlewing gevind word. Hierin speel diplomasie en onderhandeling ‘n primêre rol en nie deur die loop van ‘n geweer of met geweld nie. Daar sal dus op ander maniere ‘n weg tot selfbeskikking gevind meot word – probeer dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.