‘Verregses’ vas oor ‘terrorisme’

Vier mense wat glo verregse ekstremiste is, is Sondag deur die polisie in hegtenis geneem.

“Die verdagtes is tussen 40 en 50 jaar oud,” het brig. Billy Jones, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat gesê. “Hulle word van terrorisme verdink.” Volgens Jones is die verdagtes se eiendom deursoek en die polisie het beslag gelê op bewyse wat die ondersoek ondersteun. “Die inhegtenisnemings is die resultaat van ‘n gesamentlike wetstoepassingsoperasie.”
Hy sê die vier sal binnekort aangekla word en in ‘n hof verskyn.

Geen verdere besonderhede is bekend oor die operasie of waar die mense in hegtenis geneem is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.