‘Verregses’ word nie aan Mangaung verbind nie

Die vier mense wat vir beweerde terrorisme in hegtenis geneem is, word nie aan die ANC se verkiesingskonferensie in Mangaung verbind nie.

“Nee, in hierdie stadium verbind ons nie enige van die inhegtenisnemings aan die konferensie nie,” het brig. Billy Jones, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. “Die dade van die verdagtes is landswyd.” Jones het bevestig dat slegs vier mense, wat glo verregse ekstremiste is, in hegtenis geneem is. “Die verdagtes is tussen 40 en 50 jaar oud. Hul eiendomme is deursoek en bewyse wat die ondersoek staaf, is opgespoor.”

Jones sê sy span is nog besig met die ondersoek. “Ja, ons verwag dat meer mense in hegtenis geneem sal word, maar ons kan nie enige ander besonderhede tans beskikbaar stel nie,” het hy gesê. Klik hier om meer te lees.

Die ANC se 53ste verkiesingskonferensie het Sondag in Mangaung in die Vrystaat begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.