Verslaafdes met kettings vasgebind by hospitaal

Argieffoto.

Argieffoto.

‘n Groep mense, waaronder dwelmverslaafdes en sielsieke pasiënte wat met kettings vasgebind is, is uit ʼn kerkbeheerde hospitaal in Limpopo verwyder, het The Star Vrydag berig.

Die polisie, maatskaplike werkers en beamptes van die Menseregtekommissie (MRK) het Woensdag ʼn klopjag uitgevoer op die Church of Christ Assemblies, wat ʼn geestesgesondheid en dwelmrehabilitasiesentrum in Moletjie Mabokelele bedryf.

Toesighouers by die sentrum het aan owerhede gesê gebede, in plaas van medisyne, word daar gebruik om pasiënte te rehabiliteer. “Ons verbrand pille en sê vir hulle dat die woord van God hul medikasie is,” het hulle aangevoer.

Victor Mavhidula, die bestuurder van die MRK in Limpopo, het gesê toestande by die hospitaal was haglik. “Van die pasiënte is soos diere behandel. Ons het mense gekry wat met kettings vasgebind is. Dit is iets wat teen ‘n mens se konstitusionele reg indruis,” het Mavhidula gesê.

Van die pasiënte het ook kneusplekke op hul rûe gehad wat aandui dat hulle geslaan is.

Adel van der Linde, ʼn woordvoerder van maatskaplike ontwikkeling, het gesê al die pasiënte is verwyder en onder observasie geplaas en na ʼn plek van veiligheid geneem.

Een van die dwelmverslaafdes het gesê hy het nie omgegee om vasgeketting te word nie. “Hier sny hulle nie die bokant van ʼn boom af nie, hulle grawe diep om die wortels van ons nyaope-drange deur gebed te verwyder,” het die 25-jarige pasiënt gesê.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

Ek is ‘n Christen, maar gebed ALLEEN gaan nie in dié geval werk nie … dis waarom daar medikasie, ens. is.

Dit is onmenslik om mense vas te bind met kettings, ek doen dit nie eers met my hond nie, is daar dan geen alternatiewe metodes om die mense te help nie ?

Willy ·

En al hierdie mishandeling vind plaas in die naam van ‘n denkbeeldige god wat hulself geskep het. Gelukkig, my en menige se God het wetenskaplikes en medici gemaak om medikasie te verskaf.

Lize ·

Dit is nie die enigste instansie waar hulle gebed gebruik nie. In Kemptonpark is ook een. Mense word gebruik om verkope te doen om geld in te samel en geen medikasie word aan die verslaafdes vorsien nie. Jy gaan kerk toe en jy doen ‘n diensjaar vir Christus na jou ‘behandeling’ en persoonlike oproepe word gesien as demone wat die huis betree. Mense wat nie kwotas bereik en na die direkteur se vrou luister word sumier uit die huis uit verban. Dis nie ‘n kliniek nie dis ‘n ‘undercover’ sentrum om kerk getalle te laat groei.

Ver Van Ryn ·

En dis waarom ek sterk gereformeerd is…my dokter en dominee het albei ‘n plek in my lewe en ek glo albei is deur die Vader geskep. Groepe soos hierdie vermoeilik die verkondiging van die Evangelie deur ‘n valse beeld van Christenskap aan die wêreld oor te dra.

Alida Engelbrecht ·

Die gebod wat hulle oortree is die een wat se :” Jy mag die naam van die Here nie ydelik gebruik nie” Hulle gebruik Sy naam om mense gruwelik te martel. Die gebod het n waarskuwing by wat se dat hulle nie ongestraf sal bly nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.