Verslag plaas Smith, De Villiers onder rasvergrootglas

AB de Villiers, Graeme Smith en Mark Boucher. Foto: Marty Melville/AFP.

In ʼn omvattende verslag van meer as 200 bladsye word verskeie Suid-Afrikaanse krieketspelers daarvan beskuldig dat hulle rassisties teenoor hul swart medespelers optree.

AfriForum het ’n opslagbal van sy eie teen die bevindings van Krieket Suid-Afrika (KSA) se projek vir maatskaplike geregtigheid en nasiebou (SJN) afgevuur.

Advokaat Dumisa Ntsebeza (onafhanklike ombudsman) het vroeër die week in sy verslag van 235 bladsye onder meer Suid-Afrikaanse krieketlegendes soos Graeme Smith, Mark Boucher en AB de Villiers onder ’n rasvergrootglas geplaas.

Die burgerregteorganisasie het die verslag egter as eensydig afgemaak omdat dit slegs wit spelers as die skuldige partye voorhou, terwyl daar oor die blatante diskriminasie en rassisme van die kwotastelsel geswyg word.

Volgens Ntsebeza kan Smith se aanstelling as KSA se direkteur van krieket as onreëlmatig beskou word, maar daar was wel geen rasdiskriminasie betrokke nie.

Hy was egter krities oor die voormalige Protea-kaptein se besluit om Boucher as die Suid-Afrikaners se hoofafrigter aan te stel, terwyl Enoch Nkwe oor die hoof gesien is.

“Mnr. Smith en KSA kon nie daarin slaag om die vermoedelik onbillike diskriminasie met die aanstelling van Boucher bó Nkwe te weerlê nie.”

Nkwe het intussen uit sy pos as hulpafrigter bedank.

Boucher is die mees suksesvolle toetspaaltjiewagter ooit. Argieffoto.

Boucher, wat vroeër reeds moes bontstaan nadat Paul Adams tydens die transformasie-sittings getuig het dat die oudpaaltjiewagter glo een van die spelers was wat hom destyds “brown sh*t” genoem het, is ook in die verslag uitgesonder.

Die ombudsman meen dat die 45-jarige Protea-afrigter se verweer ’n “gebrek aan sensitiwiteit en begrip” openbaar het.

Dan is De Villiers ook in die spervuur omdat hy glo in sy dae as kaptein van Suid-Afrika se eendagkrieketspan teen die insluiting van Khaya Zondo in ’n wedstryd teen Indië geskop het.

Met JP Duminy op die krukkelys is Dean Elgar (wat nie deel van die aanvanklike eendagkrieketgroep was nie) bó Zondo vir die finale kragmeting gekies.

Volgens die verslag is Zondo ’n slagoffer van die sogenaamde “uitsluitingskultuur” binne Suid-Afrikaanse krieket en dat De Villiers rasgewys teen die kolwer gediskrimineer het.

“Sy (De Villiers) se optrede was arbitrêr en irrasioneel omdat daar geen regverdigbare rede vir mnr. Zondo se weglating was nie.

“Sy optrede is gemotiveer deur onderliggende en ongegronde vooroordeel ten opsigte van swart spelers se bevoegdheid.”

De Villiers op die oorlogspad teen Australië. Foto: Twitter.

De Villiers, wat deur talle krieketkenners as een van die beste kolwers ooit beskou word, het op die aantygings gereageer.

“Ek ondersteun die poging om gelyke krieketgeleenthede vir almal te bewerkstelling, maar in my speeldae het ek slegs besluite in belang van die span geneem; dit was nooit op grond van enigiemand se ras geneem nie,” het De Villiers gesê.

Zondo is intussen weer deur die Protea-keurders vir die kortgeknipte reeks teen Nederland nadergetrek. Hy het vier lopies van ses aflewerings aangeteken voordat hy deur Roelof van der Merwe skoongeboul is.

Ronald Peters, bestuurder van sport by AfriForum, het in sy reaksie gekap na die verslag se gevolgtrekkings dat De Villiers teen ’n medespeler gediskrimineer het bloot omdat hy die meriete van die spankeuse in twyfel getrek het.

“Dit is lasterlik en ’n skending van De Villiers se regte dat Ntsebeza – terwyl hy self erken dat hy weens die aard van sy ondersoek nie ‘definitiewe bevindings’ kon maak nie – voortgaan om ’n krieketlegende onder verdenking te plaas.

“Dit is tragies dat De Villiers, wat krieket in die land met groot toewyding gedien het, nou die slagoffer word om ’n rasbehepte politieke agenda in KSA te bevorder,” het Peters gesê.

  • Klik hier om die volledige verslag van 235 bladsye te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Jaco ·

Ou Smith moet maar nog n knieg vat, lyk my nie die voriges het gewerk noe

Johan ·

Ja hulle mos wit so sal rassite wees ek dink ek kla met SA krieket

Sarel ·

Ek kan nie die woorde gebruik wat ek wil nie dasrom geen lommentaar nie behalwe dat ek die ” onafhanklikheid:
bevraagteken..

Harley Davidson ·

Hierdie is lagwekkend, ksa se hele bestuur is op rasisme geskoei van die kwota spelers tot die geforseerde knie buig ,as ek vir sa gespeel het sou ek bedank en ‘n onafhanklike span begin gebaseer op meriete vir die beste spelers ongeag ras of kleur en die barbarian span genoem het.

Dup ·

Vervang alle blanke spelers op alle vlakke van sport met anderskleurige spelers.Dit behoort die regering se probleme op te los.Sterkte.

Tiptol ·

Waarom, ek stem heeltemal saam met jou maar dis baie erg dat rassisme net in een rigting werk in SA.

Dirk Mostert ·

Die knie word juis gebuig teen rassisme in sport (wat net in S.A. toegepas word). Dis daarom gepas dat ons spelers dit doen.

Jywilwat ·

Wie kyk nog krieket? Kniebuigers moet maar lê in die bed wat hulle gemaak het.

Pieter ·

Baie kyk en stel belang in krieket. As ek so na die baie kommentare by krieket berigte kyk.

Marius ·

Weereens word sport versuur met goedkoop politiek. Dit is al oor en oor bewys dat dit altyd die grootste rasiste is wat rasisme skree. Hoeveel blankes is in die nasional sokker span?

Nie Verbaas ·

Dis reg. Gee die poste vir n swart meneer. KSA sal in die grond in bestuur word en Proteas sal lekker verloor. Julle kan net afbreek ANC. Nog absoluut niks behalwe julle eie bankrekeninge opgebou nie!

Harley Davidson ·

Is hulle nie al klaar onomkeerbaar vernietig nie.

david ·

Hoe “nie-rassisties” is hierdie Ntsbeza vent nou werklik ?
Die ou gesegde lui mos; “it takes a thief to catch a thief”………It takes a racist to show a racist” !
Ag en die ou “Nasiebou” verskoningkie wat altyd soos ‘n advertensie bord voorgehou word …!
As die uiteindelike IDEALE krieket span dan aan die Regering se voorskrif moet voldoen van
“verteenwoordigend” van die Demografie van hierdie land, sal daar maksimum net een wit speler
op die veld mag wees….
Watse “nasie” het KSA, nou eitlik in gedagte ?

Anel ·

Maak nou maar soos julle wil. Alles is swart, maar wasr kom julle? Nêrens. Wil net die posisie hê maar wil nie die werk wst daarmee saamkom 100% doen nie. Is ook maar net daar vir die geld, soos alles in hierdie land. Die beste mag niks doen nie. En dut maak geen verskil aan die res van die wereld nie, want hulle het hulle eie probleme. Wat sport in elke geval met politiek te doen het, weet geen mens. KSA moet maar vir hom kry, hy en sy kniebuigers. Lankal klaar met alle sportondersteuning.

piet ·

Lyk asof De Villiers onreelmatig opgetree het toe hy kaptein was en ‘n spelerskeuse gemaak het sonder om die keurders te raadpleeg. Dit was verkeerd maar daai besluit het niks met rassisme te doen nie, hy wou laat die beste span speel. Zondo is in die toergroep ingesluit om toer ervaring/kultuur op te doen en nie om in die internasionale wedstryde te speel nie en die posisie is reeds voor die toer opgeklaar. Met ander woorde, Zondo se insluiting in die groep was nie op grond van spelersmeriete nie maar slegs om toerervaring op te doen en die “kultuur” te beleef. HY was nooit op toer om wedstryde te speel nie. Toe Duminy beseer is, was die korrekte keuse om die beste volgende speler vanaf SA te laat kom wat De Villiers ook gedoen het. Die hele punt is dat Zondo nie as speler saamgetoer het nie, deur nou te moan dat hy gekies moes word net omdat hy saam die toergroep was, is twak. De Villiers moes egter sy besluite met die keurders uitgeklaar het.

piet ·

Een ding van krieket is dat jy gou uitgevang word as jy nie goedgenoeg is nie want jou plek moet verdien word met individuele prestasie. Vergeet maar om op die rug van die span te ry.

Waarnemer ·

BUIG DIE KNIE VOOR DIE AFGOD!!!Smith dit is tyd dat jy gaan rus my ou

Jr ·

Kniel julle kniel. Die afgod wat julle eer op jou knie sal julle nou vernietig. Kry vir julle. EK IS KLAAR MET SA’s KRIEKET. BOOICOTT ELKE WEDSTRYD MENSE. Geld tekort bring baie tot hulle sinne vra Spur en andere. Ons moan maar ons hou aan om krieket te kyk en support. Dis ons geld wat “” hulle” betaal. Ons moet ophou praat en iets daaraan doen. Onthou die cANCer party is ook besig om op die knie te bring word, so rassisme gaan teen wit mense nog erger word soos hulle die ace of racism kaart gaan speel. Maar hulle besef nie daai perd is hol gery en verloor hulle eintlik meer stemme as ooit

Pitbul ·

So lank laas krieket gekyk. Speel Allan Donald nog vir SA????

Jan Seerot ·

Nee mens! Was jy in ‘n koma? Allan het aangeloop maar Lance slaan steeds met sy pasgemaakte kolf grenshoue. Nog beter is dat Big Mac goëlballe boul teen Shane Warne.

FranWilder ·

Hou net op! Hou net op om altyd ras in alles in te bring. Kan ons nie net krieket skokker en rugby speel en al die polletiek los nie asb.

Jacobus ·

Glad nie ‘n Smith “fan” nie maar die aanklagtes is belaglik. In een wedstryd het hy teen sy beterwete vir Ntini nader geroep uit respek vir sy persoon aan die einde van sy loopbaan. Ons het wedstryd verloor. Dit klink nie vir my na rassisme nie. Dink daar is/was groter diskriminasie teenoor seuns uit Afrikaanse skole.

Niklaas ·

Lyk asof die knie buig aksie niemand by KSA tevrede stel nie. Dus moet Smith en vriende leer kruip soos katte. Dan kyk ons waar bring dit hulle.

MAGRIETHA ·

Dit gaan nie net in krieket so nie kyk bietjie rondom jou

Karina ·

Ek wens hierdie “rassisme” wil nou verwyder uit sport, die kwota stelsels ook, in sport en besigheid. Stel ‘n persoon aan volgens kwalifikasies nie volgens vel kleur nie, dan sal dit beter gaan in ons land.

Alfred E Neuman ·

Daar is net een manier om al hierdie swart rassiste in die bek te ruk. Draai toe die geldkrane. Geen toeskouers, geen kyk op tv, geen ondersteuning op sosiale media. Kom ons kyk hoe lank hulle kan uithou.

Andrew ·

So nou is die vraag of daai knieg wat hy gebuig het die moeite werd was. As jy by jou God en beginsels bly sal jy altyd jou mense agter jou he. Die wat die knie buig vir die geldgod is op hulle eie.

Astrain ·

Krieket is deesdae nie meer ‘n sport nie en maak my naar…vat dit en kry Bafana om dit te speel. Selle resultate! Patetiese klomp sniffelende mense wat aan ‘n minderwaardigheids kompleks ly…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.