Versoek om Comrades-datum te skuif

Argieffoto Foto: runningmatters.co.za

Argieffoto Foto: runningmatters.co.za

Die Sakekamer van Pietermaritzburg (PCB) het die Msunduzi-munisipaliteit versoek om die datum van die Comrades-marathon te skuif.

Die PCB het in ʼn brief aan die munisipaliteit gesê twee groot geleenthede, naamlik die Koninklike Skou en Kuns in die Park vind oor dieselfde naweek plaas. Volgens die PCB beskik Pietermaritzburg nie oor die voldoende fasiliteite om besoekers vir al drie die geleenthede te akkommodeer nie.

Die wedloop het tussen 1962 en 1994 jaarliks op 31 Mei plaasgevind. Maar toe dié vakansiedag in die Nuwe Suid-Afrika verval het, is dit tot 2007 na 16 Junie, Nasionale Jeugdag, verskuif. Die ANC-jeugliga het egter versoek dat die wedloop se datum moet skuif weens die politieke verbintenis aan Jeugdag. Sedertdien word die marathon nie meer op ʼn vasgestelde datum gehou nie. Die marathon is vanjaar vir 1 Junie geskeduleer.

“Dit is nou ʼn akkommodasie-krisis,” het Melanie Veness, hoof uitvoerende beampte van die PCB, gesê. Sy sê dit sal moontlik ʼn groot onrief veroorsaak vir Comrades-deelnemers wat moontlik in Durban sal moet tuisgaan. Boonop sal Pietermaritzburg ook nie voordeel kan trek uit die ekonomiese inspuiting nie.

“Ek is seker dat die logistieke implikasies reusagtig sal wees om só groot geleentheid se datum te verander. Ons sou nie die versoek gerig het indien die situasie só ernstig is dat dit geregverdig is nie,” het sy gesê.

Die Msunduzi-munisipaliteit moet nou besluit of hy die PCB se versoek gaan goedkeur. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Linda ·

Dis half sleg om die Comrades te wil skuif – mense het al verlof ingesit – verblyf gereël – vlugkaartjies gekoop.

Die Koninglike skou sal maar op ‘n ander datum moet plaasvind!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.