Versoek om Zim-verkiesing uit te stel

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe

Die 15 lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het Saterdag ‘n beroep gedoen op pres. Robert Mugabe van Zimbabwe om die verkiesing, wat vir 31 Julie geskeduleer is, uit te stel.

“Daar is ‘n behoefte vir die regering van Zimbabwe om met die konstitusionele hof te skakel om uitstel te versoek ná die sperdatum van 31 Julie,” het Tomaz Salomao, sekretaris-generaal van die SAOG, gesê.

Die konstitusionele hof in Zimbabwe het bepaal dat die verkiesing voor 31 Julie moet plaasvind, ondanks besware dat daar nie genoeg tyd is om hervorming in plek te stel wat sal verseker dat die verkiesing vry en regverdig sal wees nie. Mugabe se besluit om met die verkiesing voort te gaan het Zimbabwe in ‘n politieke krisis gedompel.

Eerste minister Morgan Tsvangirai het gesê hy sal enige verkiesingsdatum veto alvorens media-, sekuriteit-, en verkiesingshervorming nie plaasgevind het nie.

SAOG-leiers het besluit om op dié versoek te reager en doen gevolglik ‘n beroep op Mugabe om die uitstel te versoek.

Die SAOG bestaan uit Angola, Botswana, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Lesotho, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Seychelles, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. Madagaskar is opgeskort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.