Versonke kontinent onder Mauritius

Mauritia

’n Versonke kontinent is glo deur navorsers onder Mauritius opgespoor.

Verskeie wetenskaplikes, waaronder Suid-Afrikaners, het dié navorsing, wat nou in Nature Geoscience gepubliseer is, gedoen. Dit is egter geen verlore Atlantis of Mu nie. Die navorsers het vasgestel dat Mauritius en Reunion deel uitmaak van ‘n kontinentale brokstuk wat oorgebly het nadat Gondwana ongeveer 170 miljoen jaar gelede uitmekaar begin dryf het.

Sulke kontinentale brokstukke is nie onbekend nie, soos die Seychelles. Die Seychelles en die “nuwe” fragment, Mauritia, is destyds deur ‘n vlak see geskei. Beide Mauritius en Reunion staan nou as vulkaniese eilande bekend wat hoogstens 65 miljoen jaar oud is. Die navorsers het sand van Mauritius se strande ontleed en zirkoniumkristalle gevind. Die ouderdomme van dié zirkoniumkristally blyk tussen 660 miljoen en 1 970 miljoen jaar oud te wees. Die kontinentale fragment, wat sowat 60 miljoen jaar gelede van die oerkontinent begin wegdryf het, is dus in ‘n stadium deur lawa oorstroom. Mauritius en Reunion kom dus as vulkaniese eilande voor.

Klik hier om meer te lees. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.